Aanstellingsprosedure
Die opdrag van 'n brugleraar is om die gemeente te begelei van punt A (Bv ontstaan van die vakature) deur 'n proses B (gewoonlik 3-9 maande) om by 'n punt C uit te kom, waar die gemeente 'n verantwoordelike ingeligte besluit kan neem rakende haar toekoms. A -> B -> C.
Punt A - Die begin van die proses
-
Dit moet 'n amptelike kerkraadsbesluit wees.
-
Die ring word in die saak geken, of dit kan die ring wees wat die gemeente aanbeveel om brugbediening te oorweeg.
-
Die ring moet die streekverteenwoordiger op die sinode in kennis stel.
Punt B
-
Die gemeente gee aan die ring te kenne dat hulle brugbediening wil implementeer.
-
Die voorsitter of die skriba van die ring kontak die streekverteenwoordiger. (Elke streeksinode het sy eie)
-
Die voorsitter van die ring, streekverteenwoordiger en die adminbeampte van die brugbedieningwerkgroep stel drie tot vyf name van beskikbare brugleraars aan die gemeente beskikbaar vir oorweging.
-
Die gemeente ontmoet die leraars (onderhoude/preekgeleenthede) en besluit op die regte kandidaat
-
Die kerkraad in samewerking met die ring sluit 'n gepaste kontrak vir 'n termyn (gewoonlik 6-9 maande) met die leraar. (Ons kan kontrak voorbeeld stuur).
-
Die leraar word beroep en bevestig.
-
Die leraar begin sy brugbediening en soos ooreengekom kan hy/sy ook gewone verpligtinge (Art 9) nakom.
-
Die primêre fokus bly egter op die brugproses.
-
Die fokuspunte is breedweg:
-
Die gemeente se pad tot hier (geskiedenis).
-
Die gemeente se identiteit (konteks).
-
Leierskap in die gemeente (gedeelte verantwoordelikheid).
-
Verhouding met die breër kerkverband (ring en sinode).
-
Die gemeente se toekoms (roeping en uitkoms).
-
-
Aan die einde van die termyn, sou dit nodig wees, kan die kontrak, in noue oorleg met die ring met nog 3 maande verleng word indien die proses dit verlang.
-
GEEN BRUGLERAAR IS BEROEPBAAR nie, indien die gemeente sou besluit om te beroep.
Punt C
-
Op hierdie stadium is die brugleraar se werk afgehandel.
-
Dit beteken die gemeente is gereed om op grond van die werk wat in die gemeente gedoen is, te kan besluit hoe lyk de pad vorentoe. Dit is nou 'n ingeligte besluit waartoe al die rolspelers ingestem het.
-
Dit kan beroeping wees, eenwording/samewerking met 'n buurgemeente, 'n heeltemal nuwe bedieningsbenadering. Die punt is, die gemeente het hard gewerk en kan pa staan vir die besluit.
-
Op hierdie stadium is die brugleraar se werk afgehandel en ontvang hy/sy demissie en die kontrak is beëindig.