top of page
Wooden Bridge

Kernwaardes

Enkele kernwaardes vir die Brugbediening

  • Begripvolle identifisering: Die brugbediening wil gemeentes deur kundige opgeleide brugleraars bystaan om oorgangstye in hulle bestaan, met al die veranderings wat dit meebring, ten beste te kan hanteer.

​​

  • Toepaslike Bybelse waardes: Die brugbediening wil gemeentes ondersteun om deur byvoorbeeld ʼn proses van geloofsonderskeiding die Bybels-teologiese waardes te ontgin waardeur die gemeentelike lewe gerig moet word.

​​

  • Volhoubare bediening: Die brugbediening streef na die bevordering van die goeie funksionering en geestelike gesondheid van gemeentes met die oog op ʼn langtermyn bediening. 

​​

  • Relevante posisionering: Wetenskaplike insigte en modelle word gekontekstualiseer met die oog op die bediening vir die kerke in Suidelike Afrika en die situasie van elke betrokke gemeente in die huidige tydsgewrig.

​​

  • Positiewe selfontdekking: Die brugbediening kom nie met vooraf uitgewerkte planne na gemeentes toe nie. Die gemeenteleiers en die gemeente word begelei om aan die hand van vyf fokusareas die unieke roeping van elke gemeente te ontdek. 

​​

  • Effektiewe selfbestuur: Gemeentes word gehelp om hulleself strategies in die gemeenskap te posisioneer met die oog ʼn effektiewe toekomstige bediening.

​​

  • Kreatiewe vernuwing: Die brugbediening wil gemeentes aanmoedig om vernuwend te dink en skeppend die beskikbare gawes te ontgin om met geloofswaagmoed die toekoms tegemoet te kan gaan. 

© 2022 NGK Brugbediening.

bottom of page