Nuutloop
Probleme in die gemeente kom al van ver en baie geleidelik
En teruggryp na ou tradisies is maklik en feitlik onvermydelik
Dan is verskeie vinnige oplossings uit Amerika baie verlydelik
Maar ontdekking van ‘n nuwe pad gaan ons nou stap vir stap verduidelik
Die saamdoen en saamsoek moet die gemeente by mekaar bring
Want hierdie is ook ‘n ringding, ‘n saamding, ‘n groot ding
En almal moet kom saamkyk, saambid, saamdink en saamsing,
Want onder leiding van die Gees sal die proses tot in die hemel uitkring.
In die Here se kerk is alles mos ‘n groot fees,
maar ons probleme en uitdagings is ‘n groot reus...
daarom moet menslike oplossings plek maak vir wysheid van die Gees,
want alleen dan sal ons weer sterkwees, en Jesus se kerkwees.
Die proses begin waar die gemeente se kalf in die put is,
Waar die leraar vermis is, fondse uitgeput is of bediening net sonder fut is.
Waar al die vee al geskut is en gemeente al amper sonder ‘n lid is...
Voel verdwaas, verdwaal, vermoeid en al wat oor is nog net om te bid is.
Begin met die kerkraad onder die Vader se vlerke
Begin voor en kyk eerlik na die verlede se merke
Verseker is daar vele slegte en goeie werke
En dis redelik algemeen veral in ons hoofstroom kerke.
Die ring sê vir die kerkraad of die kerkraad sê vir die ring:
Dis baie duidelik dat ons iets anders na die tafel toe moet bring,
Iets nuuts, iets vars, iets soets, iets goeds iets soos ‘n brugding –
Maar onthou, dit bly die kerkraad wat die laaste noot sing.
Dit is ‘n heerlike proses so tussen ses tot agttien maande
Vertel die gemeenteverhaal om die verlede beter te verstaande
En bepaal die huidige identiteit, leemtes en sterktes so algaande
En groot of klein, oor die potensiaal van die gemeente raak ons weer gaande!
Die brugleraar is dan klaar en kan tog nou nie bly nie,
Moenie ‘n heerlike proses en gawes van Bo dan vermy nie.
Bepaal die probleem en vra die Here of hy nie die oplossing kan kry nie
Die regte antwoorde kom van Hom en nie van jou of van my nie.
In die wêreld kan jy jouself vasloop, met dit waarmee mense te koop loop
daarvoor moet jy ligloop, anders sal die wêreld met jou wegloop
Totdat jy vir Jesus raakloop, dan sal jy in die geloof kan voorloop
In sy koninkryk moet ons altyd nuutloop, dat almal van sy vrede kan oorloop!
Mooiloop!
Comments